Powered By LookupPage LookupPage
Centurion for Christ    

Centurion for Christ

Die gemeente wat omgee en waar u welkom is
 

185 Bokmakierie, Rooihuiskraal, 0154, South Africa

Show Centurion for Christ on Google maps Show on Map
Contact Centurion for Christ Directly

Contact Directly

About Centurion for Christ


Centurion for Christ

 

Ons besef opnuut dat God mense roep deur Sy Woord en Gees om aan Hom te behoort. Christus, die Hoof van die kerk, stuur ons om ons roeping te gehoorsaam en ons daaraan toe te wy

 

Ons is daarvan oortuig dat slegs die evangelie van Jesus Christus mense op die pad van verlossing, versoening en lewende hoop plaas.  

Daarom wil ons die Woord van die Here tydig en ontydig verkondig, as diensknegte van die Drie-enige God, en optree deur die Heilige Gees, en oral getuienis aflê van die hoop wat in ons leef.

 

Ons wil graag met alle Christene saamwerk om veilige ruimtes te skep waarbinne ons eerlik met mekaar kan praat en bly praat.

 

As gestuurde gelowiges is ons sout van die aarde en lig vir die wêreld. Ons staan in diens om die kerk te bemagtig om Jesus Christus se ware dissipels te word volgens Mat 28:19.

 

Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

 

GEMEENTE VISIE

 

Jesus Christus is ons fokus met die Heilige Gees altyd sigbaar in ons gemeente.

 

GEMEENTE MISSIE

 

    -        Aktiewe lidmaatskap bring lewe

   -        Dink en leef soos Jesus

   -        Spreek vry, vergewe en reik uit na ander

   -        Geloof in aksie bring deurbraak

   -        Verwag ‘n Goddelike ingryping elke oomblik

   -        Wees ‘n ware getuie draer en maak lig vir die wêreld

 

 

Eredienste 

9h30 

Sondagoggende 

Bybelskool  

17h00 

Sondagaande 

Kinderkerk

8h30-9h30

Sondagoggende

 


Centurion for Christ Links

Find Centurion for Christ

Contact Information
Not available
LookupPage Directory
   
  Search other Lookup Pages like
Centurion for Christ
 
LookupPage | Enhanced Online Visibility